Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 6 VAN 7

Dag 6/7

Tema van die week: Sekerheid van my redding

Die geskrewe Woord

Daar is geskryf ... : Ons kan seker wees van ons redding omdat dit in die Bybel geskryf staan.

Lees die volgende Skrifgedeeltes biddende en vra die Heilige Gees om jou te leer.

"Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het ..." (1 Johannes 5:13 AFR53).

"Maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam" (Johannes 20:31 AFR53).

"Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom (Abraham) toegereken is nie, maar ook om ons ontwil ..." (Romeine 4:23-24 AFR53).

Die Woord het sy eie onherroeplike en ewige gesag: "Die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (1 Petrus 1:25 AFR53).

Die Bybel, van Genesis 1 tot Openbaring 22, is God se geskrewe getuienis oor sy werke en die redding van ons as mense. Toe die Satan na Jesus gekom het nadat Hy 40 dae gevas het, was dit om Hom te versoek. Drie keer het Jesus vir die Satan gesê: Daar is geskrywe ... Jesus het verwys na die geskrewe Woord van God (verwysende na die Ou Testament): Matthéüs 4:4, 7, 10. Jesus het dikwels die Ou Testament aangehaal en gesê: "is geskrywe ..." (sien Matthéüs 2:5; Markus 9:13; Lukas 3:4; Lukas 6:3-5; Johannes 12:13-15). Jesus het sy bewyse gevind in die dinge wat oor Hom geskrywe is.

In die boek Handelinge het Lukas dikwels uit die Ou Testament aangehaal — dit wat geskryf is. Die geskrewe woord word gebruik as gesag om te verduidelik wat besig is om te gebeur en waarom sekere dinge gedoen word. Die geskrewe Woord in die Nuwe Testament volg dieselfde weg. In Lukas 1:1-4 (AFR53) skryf Lukas aan Theofilus: "om dit in volgorde aan u te skrywe ... sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is."

Nadenke

1. Wat sê die Heilige Gees vir jou uit hierdie gedeelte?

2. Watter vaste sekerheid van jou redding vind jy in hierdie gedeelte?

2. Wat gaan jy doen met wat die Heilige Gees vir jou sê?

3. Noem twee of drie dinge uit hierdie studie waaroor jy kan bid.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid