Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 1 VAN 7

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie studie saam met jou te doen (vier in 'n groep). (Mans en vrouens in afsonderlike groepe.

2. Almal doen die studie op hulle eie.

3. Kom bymekaar nadat julle die studie voltooi het en bespreek wat julle ontdek het.

4. Hierdie is Nr.1 in 'n reek van 25 Bybelstudie. Oorweeg om al 25 studies in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie studie baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde studie saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie is die eerste studie in 'n reeks van 25 Bybelstudies en sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te wees - iemand wat dissipelmakers van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

_________________

Kan ek seker wees ek is gered?

Die meeste mense wil graag hemel toe gaan. Teenstrydig met wat baie mense tans glo, word die wêreld meer geestelik (wat nie noodwendig "Christelik" beteken nie). In 1970 het ongeveer 80% mense aangedui dat hulle op een of ander manier in 'n "geestes wêreld" glo. Vandag, 50 jaar later, het hierdie persentasie tot 89% gegroei.

Wanneer mense nie weet waarvandaan kom hulle en waarheen hulle gaan wanneer hulle sterf nie, word die lewe self vreesaanjaend. Vir baie word die lewe betekenisloos. "Leef ek net vir 'n paar jaar en sterf dan? Wat gebeur daarna? Gaan daar minstens "iets" wees?" Die Bybel het baie te sê oor die lewe na die dood. Wat verstommend is, is dat baie mense hoegenaamd nie aan die lewe na die dood dink of wíl dink nie.

Baie mense sukkel met vrae oor sekerheid van redding. "Kan ek seker wees dat ek 'n kind van God is? Kan ek seker wees dat ek gered is en hemel toe sal gaan? Ek dink nie ek is goed genoeg om gered te word nie — ek het so baie sonde in my lewe! Ek dink nie ek doen genoeg om hemel toe te gaan nie. Sal daar nie dalk 'n dag wees wat God sal sê: 'Dit is genoeg — Ek is nie meer lief vir jou nie?'"

Mense wat reeds baie jare Christene is, is soms onseker of hulle hemel toe sal gaan.

Die Christelike godsdiens is die enigste godsdiens wat 'n absolute "ja" gee op die vraag of ons seker kan wees dat ons hemel toe sal gaan. Dit word byvoorbeeld nie gevind in Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme of Animisme nie.

In Openbaring 21-22 lees ons wat God oor die hemel sê. Lees asseblief hierdie twee hoofstukke.

Skryf vir jou 10 dinge neer (of meer) oor wat hierdie twee hoofstukke oor die hemel sê. Die hemel is 'n werklikheid. Dit is belangrik om te weet dat dit die Heilige Gees (die Gees van God, God self) is wat dit sê.

Bid oor die dinge wat die Heilige Gees vir jou uit hierdie twee hoofstukke wys.

Laastens: Omdat dit God is wat hier praat, is die vraag: Wat moet prakties in my lewe verander? Kennis alleen bring geen verandering nie — gehoorsaamheid wel.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid