Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 5 VAN 7

Dag 5/7

Tema van die week: Sekerheid van my redding

Die Opstanding: Op grond van Jesus se opstanding kan ons seker wees dat ons gered is.

Lees die volgende Skrifgedeeltes biddende en vra die Heilige Gees om jou te leer.

"As daar geen opstanding van die dooies is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vrugteloos en is julle geloof tevergeefs" (1 Korinthiërs 15:13-14 AFR53).

Waarom is die opstanding so belangrik?

"GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd" (1 Petrus 1:3-5 AFR53).

Waarom koppel Petrus die opstanding en die sekerheid van "lewende hoop" aan mekaar?

Josh MacDowell sê: "Die opstanding van Jesus kan in enige hof bewys word. Daar is genoeg bewyse daarvoor." Daar is dus oortuigende bewyse wat die opstanding sonder redelike twyfel bevestig. In sy boek "The Resurrection Factor" het hy die Bybelse verhaal oor die opstanding bestudeer. Hierdie studie het alle moontlike vrae en Bybelse inligting oor die opstanding ondersoek.

Charles Spurgeon het dit so gestel: "Die opstanding van Jesus Christus uit die dood is een van die feite wat die maklikste uit die Bybel bewys kan word. Daar was so baie getuies wat dit gesien het dat as ons selfs die geringste mate van geloofwaardigheid aan mense se getuienisse heg, kan ons nie, en durf ons nie twyfel dat Jesus uit die dood opgestaan het nie."

Kyk na wat Jesus gesê het: "Glo jy dit?" (Johannes 11:25-26) Wat 'n kragtige woord. Jesus het gesê Hy is die opstanding, wat beteken dat ons ook sal lewe omdat Hy lewe. Dit is vir dié wat in Hom glo.

Aanhaling van Billy Graham: "Daar is meer geskrewe en historiese bewyse dat Jesus uit die dood opgestaan het as dat Julius Caesar ooit geleef het of dat Alexander die Grote op 33-jarige ouderdom gesterf het."

Nadenke

1. Watter een ding wil jy uit vandag se studie oor God onthou?

2. Wat sê die Heilige Gees vir jou deur hierdie gedeelte? Wat het jy ontdek? Wat wil Hy hê dat jy daarmee moet doen?

3. Oor watter twee of drie dinge kan jy bid na aanleiding van hierdie studie?

Verdere leeswerk: The Resurrection Factor - Josh MacDowell

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid