Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 3 VAN 7

Dag 3/7

Jy kan van jou redding seker wees omdat jy van Jesus kan seker wees

Ons kry sekerheid van ons redding uit die Skrif. Daarom moet ons heel eerste die Bybel lees. Met ander woorde: Wat sê die Bybel? Wanneer ons die Bybel lees, is dit duidelik dat ons van ons redding seker kan wees omdat ons van Jesus kan seker wees. Die sekerheid van ons redding is nooit geanker in hoe sterk my geloof is nie. Dit is nie geanker in hoe heilig ek leef nie. Dit is geanker in die karakter van Jesus: sy liefde, genade, barmhartigheid en onvernietigbare beloftes. Dit is geanker in die feit dat Hy ewig is en volkome in staat om te doen wat Hy belowe het.

Ek kan van Jesus seker wees op grond van wat Hy aan die kruis gedoen het en dat Hy opgestaan het. My sekerheid het niks te doen met wie ek is en hoe goed, of sleg, of aanvaarbaar ek vir God is nie. Baie mense sal dus sekerheid kry as hulle kan verstaan dat om van jou redding seker te wees, is gegrond op wie Jesus is.

Lees die volgende Skrifgedeeltes en vra die Heilige Gees om jou te leer.

"En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie (Johannes 10:28-29 AFR53).

"Almal wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en wie na My toe kom, sal Ek nooit uitwerp nie" (Johannes 6:37 AFR53).

Wat sê Jesus in hierdie twee Skrifgedeeltes oor Homself en oor dit wat Hy onderneem om te doen?

Watter dinge moet ek volgens hierdie gedeelte doen om seker te maak dat Jesus sal doen wat Hy belowe het? (As jou antwoord op hierdie vraag "Niks" is, is dit die regte antwoord.)

Nadenke

  1. Wat het vir jou duideliker geword in terme van jou eie sekerheid met die lees van hierdie gedeelte?
  2. Weet jy van iemand wat onseker oor sy of haar redding is? Gaan drink saam koffie en verduidelik hierdie twee verse aan die persoon.
  3. Soek iemand met wie jy binne een minuut kan deel wat jy vandag geleer het. Enige persoon. Vertel dit binne 60 sekondes. Mense sal luister. Goeie nuus is altyd welkom. En moenie preek nie. Vertel net.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid