Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossingVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

DAG 4 VAN 7

Dag 4/7

Tema van die week: Sekerheid van my redding

Ons kan van ons redding seker wees omdat Jesus aan die kruis gesterf het.

Lees die volgende Skrifgedeelte en vra die Heilige Gees om jou te leer.

"Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het" (Hebreërs 7:26-27 AFR53).

"Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God" (Romeine 6:10 AFR53).

Hoe verskil die werk van die Ou Testamentiese hoëpriester van Jesus as Hoëpriester? Wat is dit wat die verskil maak?

Jesus se kruisdood en sy opstanding is die kern van die evangelie. Die geskiedenis kan beskryf word as vóór Jesus se kruisdood en opstanding — en die lewe ná sy dood en opstanding. Die kruis is die middelpunt van die geskiedenis.

Die Nuwe Testament leer dat die bloed van diere nie ons sondes kan weg was nie. Slegs die offer van 'n ander sondelose mens is geldig om vir ons sonde te betaal — omdat sonde in die oë van God — deur die dood gestraf word. Mense is sondaars; daarom kan een sondaar nie die straf vir die sonde van 'n ander sondaar betaal nie. Elkeen moet die straf vir hy of sy eie sondes betaal. Jesus het as 'n mens gekom, 'n sondelose lewe gelei en Hy kon dus die straf vir ons sondes betaal. Dit is wat Romeine 6:10 werklik sê. Nadat Jesus gesterf het, was geen ander offer nodig om vir ons sondes te betaal nie. Dit is waarom ons met absolute vertroue na God kan gaan en vergifnis vir ons sondes kan vra, en Hy sal ons versoek toestaan. Wanneer jy by die voet van die kruis kom staan, staan jy "op vaste grond".

Nadenke

1.Wat sê Romeine 6:10 oor Jesus se dood?

2. Gebruik 'n paar minute om die Heilige Gees te vra om vir jou die eenmalige offer van Jesus in meer diepte te verduidelik.

Tensy jy jouself ook tussen die skreeuende menigte sien staan, vol vyandigheid en haat teenoor die heilige en onskuldige Lam van God, verstaan jy nie regtig die wese en diepte van jou sonde of die noodsaaklikheid van die kruis nie (C.J. Mahaney).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing

Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid