Leesplan inligting

Gemaksug is nie 'n opsie nieVoorbeeld

Don't Settle For Safe

DAG 1 VAN 3

Geen verskonings meer nie



Die meeste mense wat sukkel om hul vrese te oorkom, het so ‘n groot teleurstelling beleef dat elke moontlike toekomsdroom hulle ontsettend bangmaak. Wanneer jou denke gevul word met 'n warboel van "wat as ...", is daar geen ruimte vir geloof nie. Om met die vooruitsig te lewe dat die ergste gaan gebeur, is soos om ingehok te lewe. Dit is nie vryheid nie. Jy sal mettertyd die verskil agterkom tussen die bewaking van jou hart en die beperking daarvan. Jy gaan leer om op te hou om jouself uit al die goeie dinge te praat wat God belowe het aan almal wat volgens sy doeleindes lewe.



Jy, goeie vriend, gaan nie meer tevrede wees met 'n lewe wat deur onsekerhede of vorige ervarings bepaal word nie. Jy het toegang tot krag wat in staat is om jou te bevry van enige verstandelike of emosionele gevangenisskap wat jou wil oortuig dat 'n beter lewe nie binne jou bereik is nie. Jy kan egter nie van daardie krag gebruikmaak en terselfdertyd verskonings maak nie. Jou hart, verstand en hande moet gewillig wees om alles wat in jou toekoms wag te verwelkom.



Ons moet oefen om verskonings uit ons gedagtes, kommunikasie en optredes te verban. Daar is slegs ruimte vir 'n houding van "ek kan!" Groei vind plaas wanneer ons ons persoonlike ervarings konfronteer en erken hoe hulle ons verander het. Sodra jy weet wat dit is wat jou in die verlede gestuit het, kan jy 'n nuwe rigting vir jou lewe inslaan en met vasberadenheid voluit voortleef. Indien die uitdaging om te genees en heel te word van ander mense af kom en nie van jouself af nie, sal jou reis altyd eers hul goedkeuring vereis voordat enige vordering kan plaasvind.



Moenie toelaat dat jou lot deur 'n demokrasie bepaal word nie. Jou onmiddellike vriende- of familiekring weet dalk nie hoe om jou deur jou hartseer te lei nie, of nog erger, hulle het dalk jou hartseer nodig om aandag van hul eie behoefte aan genesing af te lei. Vermy die versoeking om jou genesing afhanklik te maak van die goedkeuring en bekragtiging van ander mense.



Die brug, om van die persoon wat jy vroeër was, te beweeg na die persoon wat God jou bestem het om te wees, word gebou uit bakstene van kwesbaarheid en nederigheid, so sterk soos messelklei, en 'n perfekte meesterplan wat help dat selfs die dinge wat jou op 'n tyd seergemaak het, 'n bydrae kan lewer tot jou genesing. Jou bereidwilligheid om verskonings te laat vaar en jouself te oortuig om vorentoe te beweeg, is die eerste baksteen wat gelê word, maar daar is nog werk wat gedoen moet word.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Don't Settle For Safe

Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge ...

More

Ons wil graag Sarah Jakes Roberts en Thomas Nelson bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus https://bit.ly/YV-DontSettleforSafe

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid