Leesplan inligting

Gemaksug is nie 'n opsie nieVoorbeeld

Don't Settle For Safe

DAG 2 VAN 3

Hoe lyk jou denkpatrone?



Het jy al ooit tyd daaraan afgestaan om jou eie emosionele denkpatrone te ondersoek? Dink aan die gedagtes wat jy oor en oor dink en wat tot herhaalde emosies en dieselfde optrede lei. Om hierdie denkpatrone te verstaan, moet ons die donker kamers van ons harte oopmaak en die herinneringe ontleed wat ons gedink het begrawe is. Ons moet onsself afvra: "Waarom het dit met my gebeur? Wat het dit my geleer? Hoe kan ek voorkom dat dit ooit weer gebeur?"



Natuurlik is nie alle denkpatrone sleg nie. Sommige denkpatrone is so doeltreffend dat hulle verbeter en lewenslank behou kan word. Die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, is die vermoë om denkpatrone te identifiseer wat temas in jou lewe geskep het. Hierdie denkpatrone mag moontlik nie heeltemal verdwyn nie, maar dit is moontlik dat jy dit kan begin herken en dit dan beroof van die krag wat dit het om jou lewe te beheer.



Ek moes ekstra hard werk om vas te stel wat my emosies is en hoe om op die regte tyd daaraan uitdrukking te gee. Wanneer jy agterkom jou bui het verander, moet jy 'n rukkie stil raak en diep nadink wat daartoe aanleiding gegee het. Moet dit nie ignoreer nie. Vind die oorsaak wat verhinder dat jy volkome vreugde kan hê. Jy sal verbaas wees hoeveel verligting dit bring deur bloot uitdrukking aan jou emosies te gee.



Kan jy oomblikke in jou lewe onthou waar jy skaamte, pyn of verleentheid gevoel het? Is daar spesifieke herinneringe daaraan verbonde? Hoe het jou perspektief van jouself en ander as gevolg hiervan verander? Die enigste manier om van hierdie denkpatrone in jou lewe ontslae te raak, is deur die oorsaak te herken. Wanneer jy begin om sommige van die ongesonde denkpatrone in jou lewe uit te ken, moet jy ’n verweer kry om jouself daarteen te beskerm. Die verweer sal moet kom in die vorm van die bekamping van daardie gedagtes of emosies en moet met meer gepaste en gesonde gedagtes vervang word.



Om voor God kwesbaar te wees, verbreek die krag wat negatiwiteit in jou lewe het. Daar is sommige probleme in ons lewens wat vir ons te groot is om self te hanteer. Ons het Goddelike ingryping nodig om ons te herinner dat daar 'n bron beskikbaar is wat groter as ons struikelblokke is. Jy veg nie hierdie stryd alleen nie. God het 'n volmaakte plan en doel vir jou lewe. Vertrou sy plan, wat vreugde, vrede en liefde insluit. Dit is hierdie herskeppende denkwyse wat selfs in die donkerste situasies lig verskaf.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Don't Settle For Safe

Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge ...

More

Ons wil graag Sarah Jakes Roberts en Thomas Nelson bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek gerus https://bit.ly/YV-DontSettleforSafe

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid