Leesplan inligting

Wat is volgende: Studente UitgaweVoorbeeld

What's Next: Student Edition

DAG 2 VAN 7

God se Identiteit



God is die Skepper van alle dinge--die hemele en die aarde en alles op die aarde. Alles is deur en vir Hom geskape. Wat egter so ontsagwekkend is, is dat God oneindig en persoonlik skep.



God het alles in die hele heelal gemaak en Hy weet ook van elke haar wat op jou kop is. God ken jou beter as wat jy jouself ken, want Hy het jou aanmekaar geweef. Al het Hy alles en almal geskep, het Hy almal op 'n unieke manier ewe lief.  



God is liefde. Hy ken jou en het jou innig lief en wil 'n verhouding met jou hê. Dit is soos om beste vriende met Mark Zuckerburg, skepper van “Facebook”, te wees en alles van almal te weet wat 'n “Facebook”-rekening het. Ja, goed, dit vergelyk nie eens regtig daarmee nie. Jy verstaan wat ek bedoel. God het alles geskape, maar wil jou intiem ken. Begin dus om 'n verhouding met God te bou. Leer Hom ken deur die Bybel te lees en om tyd in gebed deur te bring.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What's Next: Student Edition

Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid