Leesplan inligting

Wat is volgende: Studente UitgaweVoorbeeld

What's Next: Student Edition

DAG 1 VAN 7

God Geopenbaar



Soms kan dit moeilik wees om God te sien, maar as jy aandag gee en na Hom soek, sal jy sien dat Hy Homself op baie verskillende maniere openbaar.



Een manier word in Romeine 1:20 genoem: God openbaar Homself deur die skepping. Kyk hoe ontsagwekkend die wêreld is - die majestueuse berge, die uitgestrekte oseane. Daar is oral skoonheid om ons. Dit is God se teken — Sy vingerafdruk.



ʼn Ander metode waardeur God Homself openbaar is deur ons gewete. Romeine 2:15 noem dat ons almal 'n natuurlike, interne kennis het van wat reg of verkeerd is--daardie stem in ons gedagtes of hart waarna ons luister of ignoreer. Dit is God se leiding in ons lewens.



God openbaar Homself ook deur sy Seun, Jesus wat Hy na ons toe te gestuur het. Jesus sê in Johannes 14:9 dat wie Hom (Jesus) gesien het, die Vader gesien het. Jesus is die beeld van die onsigbare God en ons kan God deur hom ken.



Die Woord van God is nog ʼn kragtige manier waarop ons God kan ken. Die Bybel openbaar wie God is en hoe Hy oor ons voel. Deur die Skrif te lees, sien ons God se karakter en hoe sy wonderlike verhaal deur die eeue heen ontvou.



Hoe openbaar God homself dus aan jou op hierdie oomblik? Let in hierdie week op na al die bewyse wat daar van God is en dink daaroor hoe hy Homself in en deur jou lewe mag openbaar. 
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What's Next: Student Edition

Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid