Leesplan inligting

Infinitum Familie Advent, Week 1Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 1

DAG 5 VAN 5

Onthou jy daardie deel van die verhaal, "The Grinch Stole Christmas", toe die Grinch se hart "daardie dag drie keer groter geword het"? Ons is mal oor daardie oomblik wanneer sy hart die hele skerm oorneem. Voordat dit gebeur het, het hy met sy Grinch voete in die sneeu gestaan en gewag. Waarvoor? Om te sien wat gaan gebeur wanneer die inwoners van die Who dorpie besef al hulle pakkies, boksies en sakkies is weggevat.


In plaas van die verwagte “boo hoo'', het 'n liedjie egter sy ore getref! Die Who-inwoners se liedjie het hom bereik ... met onverwagse prag.


Die liedjie was nie juis pragtig as gevolg van die klanke of selfs die woorde nie. Ek bedoel, wie weet in elk geval wat “Dahoo Dores” beteken? Nee — hul liedjie was pragtig omdat dit gespruit het uit iets wat nie in 'n boks verpak kan word nie. Iets innerliks.


Dit was tóé dat die Grinch sy “AHA!” oomblik beleef en gedink het: "Miskien kom Kersfees tog nie uit 'n winkel nie ... Miskien gaan Kersfees oor meer as dit." Die Grinch het skoonheid in die gesig gestaar en sy hart het gegroei tot drie maal so groot om dit alles in te neem ... want dit is wat skoonheid doen.


Die Grinch se hart word wyd oopgeruk deur skoonheid. Die doel van skoonheid in hierdie wêreld is om ons harte te vergroot sodat ons die ewige en oneidigende (dink: vir ewig en altyd) liefde van God kan inneem.


In ons diepste wese weet ons dit eintlik, nie waar nie? Wanneer ons die prag van 'n perfekte brander sien, of 'n baie mooi liedjie hoor, of klein voel wanneer ons langs 'n berg staan, dan word ons innerlike 'n bietjie groter. Ons het almal sulke oomblikke nodig. Oomblikke wat ons harte blootlê om plek te maak vir die GROOTHEID van God se liefde.


2 Korintiërs 3:18 sê dat iets gebeur wanneer ons onsself oopstel vir skoonheid. Wanneer ons "die heerlikheid van die Here aanskou", word ons "al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word".


As God regtig Die Beeldskone Een is, die bron van alle skoonheid, dan vestig ons ons aandag eintlik op Hom wanneer ons aandag skenk aan al hierdie beeldskone oomblikke. Dan word ons al hoe meer soos Hy.


Neem 'n oomblik om jou verbeelding te laat dwaal na iets wat jy as beeldskoon beskou. Toe nou, maak toe jou oë en laat jou gedagtes dwaal. Jy is hierdie week besig om "die heerlikheid van die Here" te sien deur skoonheid te aanskou.


Terwyl jy Hom voor jou geestesoog sien, vra: "Here, hoe wil U my in hierdie oomblik omvorm om meer soos U te lyk?"


As jy graag elke week van Advent met Infinitum wil volg, besoek asseblief https://infinitumlife.com/2022advent vir nog leesplanne en Advent bronne.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 1

Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spa...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid