Leesplan inligting

Infinitum Familie Advent, Week 1Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 1

DAG 3 VAN 5

“Skoonheid sal die wêreld red.” — Fyodor Dostoyevsky


Was jy al ooit so gefrustreerd dat jy iets wou doen waarmee jy jouself geskok het? Byvoorbeeld om te skree of iets te gooi? Die lewe kom soms met aaklige oombliklike vorendag. Om 'n negatiewe houding te ontwikkel, is soms baie aanloklik.


Dit is egter waarskynlik OOK waar dat jy al oomblikke beleef het wanneer jy in 'n slegte bui was en 'n vriend of familielid se optrede jou laat lag en jy gevoel het hoe jou knorrige, swart wolk soos mis voor die son verdwyn het. Daardie oomblikke is die beste.


Ons kan nie al die slegte dinge wat in die lewe gebeur, verhoed nie. Ons KAN egter skoonheid in die wêreld inbring. Net soos Jesus aarde toe gekom het en liefde, deernis, openlikheid en vreugde gebring het, kan ONS ook skoonheid in die wêreld inbring. Hoe meer ons Jesus in ons harte en lewens verwelkom, hoe meer word ons soos Hy.


Watter dinge omtrent jou bring skoonheid in die wêreld in? Is jy snaaks? Vol deernis? Bedagsaam? Hulpvaardig? Aanmoedigend? Dapper? Ondersoekend? Energiek? Miskien is jy die een wat 'n vriend help om van sy knorrigheid ontslae te raak!


Net soos die baba Jesus 'n Kersgeskenk vir die wêreld was en skoonheid met Hom saamgebring het, bring JY ook skoonheid na die wêreld.


Watter deel van jou menswees kan jy vandag mee moeite doen om na die wêreld te bring?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 1

Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spa...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid