Leesplan inligting

Infinitum Familie Advent, Week 1Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 1

DAG 1 VAN 5




Het enige van jou Kersfees verwagtinge al skeefgeloop? Dalk het jy 'n sekere geskenk verwag wat jy toe nooit gekry het nie, of jy het gehoop om 'n geliefde te gaan besoek, maar siekte het jou daarvan weerhou? Die mense van Jesus se tyd het verwagtinge gehad oor hoe hul Messias sou wees en daardie idees het nie die moontlikheid ingesluit dat Hy in 'n stal met diere gebore sou word óf dat Hy sagmoedig en bekend sou wees vir sy liefde nie.


Onvervulde verwagtinge kan baie teleurstelling veroorsaak. Die blote feit dat iets nie is wat ons verwag het nie, beteken egter nie dat dit nie beeldskoon kan wees nie. Amper soos die eerste keer toe jy 'n kaastoebroodjie in tamatiesop gedoop het ... dit KLINK dalk nie asof dit lekker kan wees nie, maar ooooooooo, dit IS heerlik!


Jesus was onverwags, maar ooooooooo so beeldskoon. Wanneer ons vasklou aan ons verwagtinge, kan ons so baie misloop. Onthou jy 'n tyd toe jy 'n onwelkome verrassing gekry het en alles toe tóg goed uitgewerk het? Miskien selfs 'n keer toe alles wonderlik uitgewerk het?


Kom ons laat hierdie Kersfees ons verwagtinge agterweë en laat die verrassings en skoonheid van die tydperk toe om ons aan Jesus en sy verrassende skoonheid te herinner.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 1

Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spa...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid