Leesplan inligting

Infinitum Familie Advent, Week 1Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 1

DAG 2 VAN 5

Toe Jesus in die wêreld aangekom het, het God 'n uitnodiging uitgereik: “Ontvang my omhelsing. Ontvang My as jou geliefde, as jou Vader. Kom in my arms in, in my huis in, in my familie in. Jy is myne.”


Wanneer ons Jesus in ons harte en lewens verwelkom, verwelkom ons 'n omhelsing as 'n kind van God. Net soos 'n omhelsing deur 'n geliefde wat jy lanklaas gesien het, omvou God ons in sy arms en aanskou ons met verwondering.


Oomblikke wanneer skoonheid ons oog vang, herinner ons aan God se liefdevolle versorging. Staan 'n oomblik stil om geleenthede op te roep toe iets beeldskoon jou oog gevang het: dalk 'n eekhoring wat van tak na tak spring, of die sterre wat in 'n stikdonker hemel vonkel, of 'n klasmaat wat in deernis omgesien het na iemand wat seer gehad het, selfs iets soos die eerste hap van 'n heerlike, warm koekie ... hierdie oomblikke van skoonheid vestig ons aandag op 'n groot, vrygewige God wat ons liefhet. Die tipe groot, vrygewige God wat as die baba Jesus gekom het om tussen mense groot te word en sy liefde aan ons almal te demonstreer.


Kyk vandag, terwyl jy met jou gewone dinge besig is, uit vir die oomblikke van skoonheid en laat dit toe om jou te herinner daaraan dat die baba Jesus van die Kersverhaal soos 'n omhelsing is — vir jou — van 'n groot, vrygewige God.


Aktiwiteit Idee: Gaan op 'n skoonheidsuitstappie buite in die natuur of tussen Kersfeesliggies en vra vir jou gesin wat hulle opmerk. Wat merk jy op wat beeldskoon is? Wat besorg aan jou 'n gevoel van ontsag en verwondering?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 1

Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spa...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid