Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 6 VAN 43




Lees: 2 Tessalonisense 2:1–17

SOAP: 2 Tessalonisense 2:7–8

“Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.”

Oordenking

Ek weet dit voel dalk nie altyd so nie, maar God, deur die krag van die Heilige Gees en sy kerk, hou die bose aktief terug in ons dag. Somtyds kan dit moeilik wees om te dink dat ons wêreld enigsins erger kan word as wat dit reeds is as ons die boosheid daarin aanskou. Maar Satan is nie vry om te doen soos hy wil nie. God is steeds God, Hy is steeds in beheer, en Hy werk aktief op maniere waarvan ons nie eers nou weet nie. Verbasend genoeg het God ons, sy onvolmaakte kerk, en die werk wat Hy deur ons doen, gekies om een ​​van sy kragtigste wapens te wees om die duisternis in hierdie wêreld terug te dryf. Ons kan almal dink aan die baie gebreke van die kerk, maar ons moet nie die genesende impak wat die liggaam van Christus op die wêreld vandag het, onderskat nie.

Deur sy ongelooflike genade hou God baie boosheid in hierdie wêreld in bedwang. Wanneer God in die "Laaste Dae" sy weerhoudende krag wegneem, sal boosheid op ondenkbare maniere vermeerder. Hierdie toename van boosheid sal egter van korte duur wees.

Hierdie “Laaste Dae”-verse is nie om jou bang te maak vir die toekoms nie. Dit is bedoel om jou te help om die “hoekoms” van die gebeure wat toegelaat word, te verstaan ​​en, wanneer hierdie gebeure begin plaasvind, om jou te help verstaan ​​dat op die ou end, die goeie seëvier. Jesus sal oor die “wettelose een” triomfeer en sy krag sal sy heerlikheid vertoon. Satan sal nooit wen nie. Moenie moed verloor as jy sien hoe wetteloosheid toeneem en die huidige dae al hoe donkerder word nie. 'n Nuwe dag kom altyd uit die donkerte van die nag.

Gebed

Liewe Here, dankie vir hoe U die boosheid in ons wêreld in bedwang hou. Dankie vir die herinnering dat die teenwoordigheid van die kerk in ons wêreld saak maak. Help ons om verenig te wees rondom u Woord en bemagtig deur u liefde. Help ons om u hande en voete te wees vir 'n seer wêreld. Beskerm ons en ons gesinne gedurende hierdie dae en help ons om dapper te wees, en altyd eer aan U te bring. Tot dan, kom, Here Jesus, kom. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid