Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 7 VAN 43




Lees: 1 Johannes 2:18–19

SOAP: 1 Johannes 2:18–19

Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar 'n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is. Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.

Oordenking

Dit is om soveel redes belangrik om self die Woord van God te lees en nie net peil te trek op wat ander, selfs welbekende en betroubare predikers beweer dat dit sê nie. Die Woord van God help jou om God beter te leer ken. Dit help jou om sy hart, sy vergifnis en hoe ver Hy bereid was om te gaan om jou van jou sonde te verlos, te verstaan.

Deur die Woord van God te lees en te ken, word jy beskerm teen misleiding deur valse leraars, predikers en hedendaagse antichriste – enigeen wat teen die leringe van Jesus Christus gekant is. Van die oomblik af dat Jesus weg is totdat Hy terugkeer, sal daar altyd antichriste wees, diegene wat teen Christus en alles waarvoor Hy staan, gekant is. Heel aan die einde gaan die antichris van alle antichriste op die wêreldtoneel verskyn. Weereens, namate ons al hoe nader aan hierdie gebeure kom, moenie moedeloos raak nie. Onthou dat God selfs te midde hiervan in beheer is. Soos die laaste uur nader kom, moenie verbaas wees as vriende wat jy gedink het Christene is, skielik van Christus af wegdraai en ‘n ander koers inslaan nie.

Ek ken die pyn wanneer ‘n dierbare vriend of vriendin, iemand wat jy liefhet en wat jy werklikwaar gedink het gered is, op die ou end wegdraai en Christus verloën. Ek het daardie hartseer, skok en verraad beleef. Wanneer vriende en familie egter besluit om weg te draai en ‘n ander “verligte pad” kies, bid vir hulle maar moenie dat hulle jou ontmoedig nie. Hoe nader dit aan Christus se wederkoms raak, hoe meer mense gaan van Hom af wegdraai. Bly op koers en bly getrou. Bid dat jou hart sag sal bly en nie verhard raak terwyl jy volhard nie. Moenie moed opgee nie en hou aan om vir Christus te leef terwyl jy gretig sy terugkeer afwag.

Gebed

Liewe Heer, skep in my ‘n honger na u Woord. Help my om dit so goed te ken dat ek onmiddellik vals lering sal kan onderskei. Here, ek bid vir hulle wat mislei is en vir hulle redding. Help hulle om te bekeer en na U terug te draai. Tot dan, kom, Here Jesus, kom. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid