Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 5 VAN 43




Lees: 2 Petrus 3:1–13

SOAP: 2 Petrus 3:3–4

“Veral moet julle weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf en wie se lewe net deur hulle eie begeertes beheers word. Hulle sal spot en sê: “En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms? Ons vaders is al dood, en tog bly alles nog net soos dit was van die begin van die skepping af.”

Oordenking

Moenie toelaat dat hulle jou ontstel nie. Daar was spotters en twyfelaars in Jesus se tyd, wees daarom nie moedeloos wanneer mense vandag ook so optree nie. Dit maak nie saak wat hulle dink nie. Wat saak maak, is wat Jesus gesê het en wat Jesus belowe het.

Ons weet uit die Skrif en uit die vervulling van vorige beloftes dat Jesus sy beloftes hou en absoluut betroubaar is. Laat ander spot en twyfel, maar bid vir hul redding terwyl hulle dit doen. Ironies genoeg, die rede waarom Jesus nog nie vir sy bruid teruggekeer het nie, is vanweë sy groot liefde en deernis vir sondaars, selfs vir daardie spotters.

Jesus is nie traag om sy belofte na te kom nie. Inteendeel, Hy is eerder geduldig en liefdevol, omdat Hy wil hê dat almal tot bekering moet kom en nie verlore gaan nie (2 Petrus 3:9). Moenie toelaat dat die mense wat alles ontken jou beïnvloed nie. Dank God eerder vir hulle negatiewe kommentaar, want dit herinner jou om vir hulle te bid. Wie weet, jy is dalk die enigste persoon in hulle lewe wat bid vir hulle redding. As jy so daaroor dink, sal jy besef watter wonderlike geleentheid God jou bied.

Leef intussen asof Jesus vandag terugkom, met gretige afwagting, en besef "vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag." (2 Petrus 3:8). God meet nie tyd op dieselfde manier as ons nie.

Gebed

Liewe Here, dankie vir die spotters in my lewe, die twyfelaars en die mense wat alles ontken. Help my om te groei in liefde en deernis vir hulle. Vandag dra ek hulle by die naam op aan U en bid vir hulle redding. Gebruik my in hulle lewens om hulle te help om meer van U te sien. Help my om my opgewondenheid oor u terugkeer te balanseer met volharding en deernis vir diegene wat nog nie u vergifnis van hulle sondes aanvaar het nie. Ek bid dit alles in u Naam terwyl my hart uitroep: kom, Here Jesus, kom. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid