Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 11 VAN 43




Lees: Johannes 14:15–31

SOAP: Johannes 14:27–28

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is.”

Oordenking

Ons kan Jesus se vrede net in ontvangs neem. Hy het ons nie gelos om ons oor die agteruitgang wat ons in die wêreld waarneem, te bekommer nie. Dit is nie ‘n las wat ons bestem is om te dra nie. In plaas daarvan het Jesus vir ons vrede gegee om ons deur ons moeilike dae en slapelose nagte te dra. As ons Jesus se vrede het, wil dit nie sê dat ons nie moeilike tye gaan beleef nie. Dit beteken dat ons nie alleen daardeur hoef te gaan nie.

Ons kan vrede ervaar wanneer dit voel asof ons wêreld besig is om hand uit te ruk omdat ware vrede net in Jesus te vinde is, nie in hierdie wêreld nie. Al wat hierdie wêreld ons kan bied wat blywend is, is hartseer en bekommernis. Omdat ons vrede het wat alle verstand te bowe gaan, kan ons met vertroue uitsien na die tyd wat voorlê, met die wete dat Jesus reeds daar is. Ons hoef nie vir ons hede of toekoms bang te wees nie want ons weet Jesus is altyd by ons.

Omdat ons weet dat ons vrede in ons lewens kan vind ten spyte van ons omstandighede, kan ons vandag kies om moedig te wees. Dit is nou die tyd om Jesus se vrede te omhels. Dit is nou die tyd om moed aan die dag te lê, selfs al voel jy bang. Dis in die haak om bevrees te voel selfs al kies jy om dapper te wees. Waarom dink jy het God net voor Josua die beloofde land ingeneem het, vir hom gesê hy moet sterk en vasberade wees (Josua 1:1-18)? Ook hy moes moed bymekaarskraap toe hy ‘n nuwe land betree het. Josua het hom egter nie deur sy vrees laat keer nie. Hy het in elk geval gegaan met die wete dat God by hom was. Jesus is ook by jou, en as gevolg van Hom, kan jy ware vrede ervaar ongeag wat in jou lewe aangaan.

Gebed

Dierbare Here, dankie vir die vrede wat U so mildelik aan my geskenk het. Help my asseblief om u vrede te omhels en in my lewe in werking te stel. Help my om die take wat U vir my gegee het, met moedigheid aan te pak terwyl ek uitsien na u wederkoms. Tot daardie dag, kom, Here Jesus, kom. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid