Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons studie: Kom, Here Jesus, Kom. Hierdie is 'n 6 weke studie waarin ons gaan kyk na ses verskillende areas rakende die wederkoms van Christus. Ons sal verse bestudeer wat handel oor die laaste dae. Ons sal in Jesus se eie woorde lees wat Hy oor sy wederkoms gesê het. Ons sal herinner word aan verhale in beide die Ou- en Nuwe Testament van mense wat in die hemel opgeneem is. Ons sal spesifieke gedeeltes lees wat oor die koms van ons Here praat, en ons sal die studie afsluit met uitdagings oor hoe om gereed te wees en hoe ons moet lewe in die lig van Jesus se wederkoms.

Ja, die tyd waarin ons leef is moeilik. Ja, ons is moeg. Ja, ons is in die versoeking om te vrees. God hou ons egter in sy hand. Ons word geroep om mekaar te bemoedig terwyl Jesus se wederkoms nader. Kom ons doen dit. Die dae lyk dalk op die oomblik donker, maar die Seun sal opstaan. Jesus kom terug, en ons het soveel om na uit te sien!

Wat is S.O.A.P.?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans", gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Die "SOAP"-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "S.O.A.P." en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "S.O.A.P."?

Die S staan virScripture — jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan virObservation — wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan virApplication — Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan virPrayer — Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy gedurende hierdie tyd iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely as Hy vir jou sonde in jou lewe gewys het.

Inleiding:

Ek glo ons almal voel dit. Daar was 'n verskuiwing. Dit lyk asof die wêreld buite beheer is, en wat ons in die Bybel gelees het oor die laaste dae blyk reg voor ons oë te ontvou. Wat eens as goed beskou is, is nou sleg, en wat eens as sleg beskou is, word nou as goed geprys. Ons dae is gevul met ‘n dodelike mengsel van vrees, misleiding en onenigheid. Terwyl ons na die toekoms kyk, voel baie van ons wanhopig.

In Matteus was Jesus se laaste woorde, woorde van bemoediging: Moenie vrees nie. Jesus het die tyd geneem om ons te herinner dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hoe kan ons egter bemoedig word wanneer soveel in ons wêreld uitmekaar val? Hoe kan ons hoop hê? Hoe is dit moontlik om vreugde te vind in hierdie donker dae? Hoe kan ons sonder vrees na die toekoms kyk?

Die antwoord is God.

God is ons hoop. Hy is ons bestemming. Ons hoef nie ons toekoms te vrees nie, want ons toekoms is veilig in Hom.

Die doel van hierdie studie is nie om in die tydlyn of verskeie interpretasies van eindtydgebeure te delf nie. Inteendeel, die doel is om ons te bemoedig en ons te help om vas te hou aan die hoop wat ons in Christus het terwyl ons ons gedagtes en harte voorberei vir die laaste dae.

Ons weet nie watter uur Jesus sal terugkeer nie, maar dit beteken nie dat daar nie tekens sal wees nie. Die tekens in die Bybel is daar sodat, wanneer ons sien dat hulle in vervulling gaan, ons sal weet die tyd is naby. In hierdie studie sal jy regdeur die Nuwe Testament sien dat Jesus, sowel as ander, dikwels oor sy wederkoms gepraat het. Die doel van hierdie studie is om jou aan te moedig soos die tyd nader kom en om jou te help kies om waaksaam maar nie bang te wees nie. Mag Hy ons besig vind om te werk en te getuig terwyl ons in afwagting uitsien na sy wederkoms,

En totdat daardie langverwagte dag aanbreek, sal ons harte, gevul met hoop, uitroep, kom, Here Jesus, kom!

“Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!” – Openbaring 22:20

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid