Leesplan inligting

Kom, Here Jesus, KomVoorbeeld

Kom, Here Jesus, Kom

DAG 3 VAN 43




Lees: 2 Timoteus 3

SOAP: 2 Timoteus 3:1–5

Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.

Oordenking

Hierdie lys van karaktereienskappe wat mense sal openbaar in die laaste dae is nie bemoedigend nie. Voel jy die dringendheid in Paulus se skrywe? Dis asof hy dink die “laaste dae” is reeds hier, tog het hy dit twee duisend jaar gelede reeds geskryf. Die rede hiervoor is dat die “laaste dae” in die Nuwe Testament verwys na die tydsduur wat begin het met Jesus se hemelvaart en Pinkster en sal eindig met sy Wederkoms. Ons lewe almal in die laaste dae.

Die blye nuus is dat elke dag wat ons leef een dag nader aan Christus se wederkoms is. Hierdie wete behoort ons te motiveer om elke dag te laat tel vir die ewigheid. Moenie toelaat dat moedeloosheid jou gedagtes vertroebel wanneer jy om jou rondkyk en sien hoe mense in jou wêreld meer en meer word soos die mense wat in vandag se verse beskryf word nie. Hou eerder moed. Wanneer almal om jou wil hê jy moet lewe soos hulle, roep na Jesus en vra Hom om jou die moed te gee tot sy eer te leef.

Moenie moed verloor soos die dae donkerder word voor Christus se wederkoms nie. Leef eerder met afwagting terwyl jy sien hoe die tyd nader en nader kom. Moenie vergeet dat Jesus net voor sy hemelvaart belowe het dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Hy is by jou. Jy is nie alleen nie, en God waak tans oor jou lewe. Maak die meeste van die geleenthede wat Hy jou bied, en moenie moedeloos word nie. Hierdie wêreld mag dalk buite beheer lyk, maar onthou, God is magtiger as enigiets in hierdie wêreld, en hierdie wêreld is steeds onderworpe aan sy uiteindelike beheer.

Gebed:

Liewe Heer, dankie vir hierdie verse en vir die herinnering dat ons wêreld so moet word voor U terugkeer. Here, ek troos my daaraan dat alles in hierdie wêreld en in my lewe binne u beheer is. Help my asseblief om dapper te wees in hierdie laaste dae. Help my om elke dag met 'n groter doel en dringendheid te leef tot U terugkeer. Tot daardie dag sal ek aanhou bid, kom, Here Jesus, kom. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vre...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid