Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 87 VAN 88

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF VREESLOOS

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Psalm 42:5,11; Psalm 43:5; en Psalm 78:7.

Die afgelope paar weke het jy voor jou vrese te staan gekom, jou sonde bely en geleer hoe om jou hoop op God te plaas. Nou kan jy in geloof die toekoms tegemoet gaan en waarlik vreesloos wees! Nie uit eie krag nie, maar omdat jou God jou krag gee! Nie omdat jy alles weet nie, maar omdat jy weet jou God is alwetend. Hy hou werklik die hele wêreld in sy hande. Jy kan die toekoms tegemoet gaan in die wete dat Hy jou vooruit gegaan het. Hy het jou presies geplaas waar Hy wil hê jy moet wees – sy ambassadeur vir die mense in jou leefwêreld. Jy is ontwerp en gevorm om sy uitverkore werktuig in hulle midde te wees! Gaan nou in vertroue en gehoorsaamheid en vertrou op sy krag. Wees soos Josua wat nie sy vertroue geplaas het op wat hy gesien het nie, maar op sy God wat gesê het: "... Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee" (Josua 6:2). Jy ken die uitkoms van die verhaal – die 3,6 meter breë muur het inmekaargestort

As jy aanvoel dat daar 'n geweldige groot muur is tussen jou en die persoon met wie jy die evangelie moet deel, onthou jou God. Hy is die God van Abraham, Isak, Jakob en Josua!

Maak vandag regdeur die dag tyd om in stilte na te dink. Dink na oor alles wat jy geleer het. Deurdink alles wat jy gelees, gebid en geleer het. Bring alles voor die Here – jouself, jou vrese, jou swakhede, jou besittings, jou toekoms, jou gawes, jou talente, jou situasie, jou status en jou doel. Plaas dan al jou hoop op God! Gaan die toekoms met geloof en gehoorsaamheid aan Hom tegemoet, en Hy sal dit doen! Hy sál jou vreesloos voor jou vyande maak! Hy sál sy Naam verheerlik! "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dis kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het" (Efesiërs 2:8-10).

Baie geluk! Jy het Vreesloos voltooi. Indien jy hierdie studie wil voortsit, besoek asseblief ons produkbladsy en kry die skakel vir toegang tot die volledige studie oor dissipelskap, getiteld Vreesloos.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org