Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

WEEK 4: KLIM DIE BERG OP
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Deuteronomium 6:4-9 en Markus 12:29-31. Let op na die bevele in die teksverse.
WANDEL IN WAARHEID
Niemand is daartoe in staat om God sonder sy hulp en genade lief te hê nie. God is die Skepper van ons harte; ons kan God dus nie uit eie krag liefhê nie. Om God lief te hê, kom van God af. Ons moet bely dat ons swak is en uitroep dat Hy hartsbegeertes in ons skep. Vra vir die Here vir sy liefde. Vra Hom om dit moontlik te maak dat jy Hom met jou hele hart, siel, verstand en met al jou krag kan liefhê! Ook om ander lief te hê! "O Here, gee aan my 'n hart wat na U verlang en 'n hart om ander te dien!"
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Deuteronomium 6:4-6
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org