Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

WEEK 4: KLIM DIE BERG OP
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 26:41 en Hebreërs 12:12-13
Dink na oor die redes waarom jy sukkel om tyd alleen met God deur te bring. Bid: Here, ek het u hulp nodig. Gee my die begeerte om die tyd wat ek móét, met U deur te bring. Here, help!
WANDEL IN WAARHEID
Hoe sou dit wees as jy tyd alleen met God die Allerhoogste, jou Maker en Skepper van die heelal kon deurbring? Hoe sou dit wees as jy tydens jou peroonlike ontmoeting met Hom elke dag by Hom kon sit en initem gesels? Hoeveel sou ons nie verander as ons dit ter harte neem en daarvolgens optree nie? O Here, ons is so swak. U is hier by ons, maar ons besef nie U is by ons nie Elke oggend kan ons tyd met Jesus deurbring en van Hom leer. Help ons dat ons oë sal hê wat sien! Help ons om ore te hê wat hoor! Here, help ons.
Hoe moeilik is dit om hierdie geskenk wat jy gekry het te onthou? Bely dat jy vergeetagtig en traag van begrip is, en vra Hom om jou te help om die meeste te maak van dit wat Hy jou gegee het. Vra Hom om jou te help om persoonlike tyd met Hom deur te bring. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie. Jou wêreld sal ook nooit weer dieselfde wees nie.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.
Deuteronomium 6:4-6:
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org