Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 45 VAN 88

WEEK 4: KLIM DIE BERG OP

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 14:23-25.

Jesus het die berg opgeklim om alleen met sy Vader te wees. Hoe lank was hy op die berg? Hoeveel alleentyd bring jy met Bybellees, gebed en deur te luister met die Here deur?

WANDEL IN WAARHEID
Ons moet daagliks van die aardse wegkom sodat ons met ons oë gerig op die hemelse kan leef. Ons behoort elke nuwe dag tot by die bergtop te klim, sodat ons die dag se beproewinge en omstandighede met ewigheidsdoelstellings in gedagte kan hanteer. Ons wil die beste gebruik maak van die tyd, "... want ons lewe in 'n goddelose tyd" (Efesiërs 5:16).

Watter soort plan het jy om alleentyd met God, die Allerhoogste, jou hemelse Vader en die Skepper van die heelal deur te bring? Hoe kan jy seker maak dat jy tyd met Hom deurbring, sodat jy in staat sal wees om dinge vanuit sy perspektief te hoor en sien in plaas van hoe dit volgens 'n wêreldse en menslike perspektief blyk te wees? Ons kan niks uit ons eie krag doen nie, maar ons moet God se opdrag om Hom te volg en lief te hê met ons hele hart, ons hele siel, ons hele verstand en al ons krag gehoorsaam. Wanneer ons deur die geloof gehoorsaam is, sal Hy dit moontlik te maak.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 6:4-6:
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org