Leesplan inligting

Die Wonder Van KersfeesVoorbeeld

The Magic Of Christmas

DAG 9 VAN 25

"Onderbreking"



Jesus se geboorte was 'n glorieryke onderbreking—'n onderbreking in die wêreld se geskiedenis. Op 'n persoonlike en intieme vlak, was dit ook 'n onderbreking in die lewens van sy aardse ouers, Maria en Josef. Hulle het wel beplan om te trou, maar was nie voorbereid op 'n swangerskap deur God gegee nie. Hulle het nie beplan dat Maria die moeder van die Wêreld se Verlosser sou word nie.



God het selfs die skaapwagters se daaglikse werk—om daar teen 'n heuwel hul skape te versorg—glorieryk onderbreek!



Lukas 2:13-14: "Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: 'Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!'"



Op hulle beurt, het die skaapwagters onderbreek wat van hulle verwag was en dadelik die Jesus-baba gaan soek. Soveel spontaniteit—daardie skaapwagters het eenvoudig alles net so gelos, want God het hul roetine onderbreek!



Gedurende hierdie Kersfeestyd, wanneer ons so besig is met God se werk, maak ook seker dat jy tyd, ruimte en energie behou om vir die onverwagte beskikbaar te wees. Laat God toe om jou lewe te onderbreek! Dalk begeer Hy om die siening wat jy elke dag van die lewe het, te verander. Het jy al moeg of selfvoldaan geword, of dalk 'n bietjie verveeld op jou reis saam met God?



Miskien het jy al genoeg gehad van 'n situasie of persoon—jou blus is heeltemal uit. Dit is moontlik tyd dat jy die masker laat gaan dat alles goed en reg is en jy alles kan hanteer. Jy kan maar "amen" sê! God wil jou reis in heerlikheid onderbreek en jou ophef tot 'n hoër vlak van vrede en intimiteit in jou kennis van Hom. Breek weg uit jou roetine, weg van dit wat van jou verwag word, en laat toe dat jy in hierdie Kersfeestyd glorieryk onderbreek word!



Jána Guynn

Service Programming

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Magic Of Christmas

Vir sommige mense is Kersfees 'n tyd van vreugde en feesviering. Vir ander is dit 'n pynlike herinnering van iets of iemand wat verloor is. Kersfees is 'n geleentheid om op die bron van ons hoop te fokus, ongeag van dit ...

More

Baie dankie aan die personeel van North Point Gemeenskapskerk en North Point Ministries, Inc vir die voorsiening van hierdie inhoud en leesplan. Besoek northpoing.org vir nog inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid