Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 5 VAN 7

Die geloofswipplank

Here, hoe is dit moontlik dat my geloof die een oomblik so groot is en die volgende oomblik is ek ’n geloofsuigeling? Hoe kan ek iemand die een dag bemoedig en dieselfde aand self rigting benodig?

Dit is ’n vraag wat my telkemale treiter. Wat my onseker laat of ek net ’n skyn-Christen is en myself om die bos lei. Praat ek nie maar net mooi praatjies om ander – en myself ingesluit – van my onwankelbare geloof te oortuig nie? Terwyl ek in werklikheid voete van klei het?

Beteken dit dat jy deurlopend ferm en koersvas op die geloofspad stap wanneer jy jou lewe bankrot verklaar het voor jou Vader? Of moet jy soms steeds jou pad deur die wildernis van twyfel oopveg?

Op die oog af wil dit voorkom asof daar min gelowiges is wat aan die een kant van die geloofswipplank sit en dan onverwags die lug ingeskiet word deur ’n swaarder massa aan die ander kant. Dalk het hulle bloot sodanig op hul geloofspad gevorder dat onsekerheid nie meer by hulle ’n faktor is nie. Hulle is dalk al veel nader aan die eindpunt waarvan daar in Filippense 3:12 gepraat word.

Hopelik word ek nog verder geslyp om nooit weer dié twyfelbeklemming te kry nie.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid