Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 7 VAN 7

Té swaar rugsak

Voetslaan wissel in intensiteit. Jy kan vir ’n halfdag in die Kirstenbosch Botaniese Tuin gaan wandel, op ’n aangeduide roete vir een of twee dae gaan stap, met ’n gids êrens in die natuur gaan stap of ’n veeleisende staproete met ’n swaar rugsak aandurf. Die Otter-staproete en die Visrivier-canyon in Namibië is van die gewilde roetes onder ervare stappers, wat presies weet om hul rugsakke met energiegewende kos, drinkgoed, toerusting en slaapgoed te pak. Die gewig in die rugsak moet ook reg versprei wees om die las op die rug te verlig.

Dit is egter nie net ’n té swaar rugsak wat jou staptog onaangenaam kan maak nie. Die verkeerde skoene en kouse, gebrekkige fiksheid en selfs swak weer – soos donderstorms en mistigheid en stormvloede en veldbrande — kan die hele uitstappie bemoeilik of selfs kelder.

Wanneer jy besluit om jou aardse staptog saam met Christus aan te pak, doen jy dit met die gemoedsrus dat Hy elke stukkie van jou roete presies ken. Hy kan die gevaarlike dele aan jou uitwys. Hy is die ideale gespreksgenoot op jou roete. Hy kan selfs jou té swaar rugsak oor moeilike terrein vir jou dra.

Die gelowige se staproete is nie altyd maklik nie. Met die regte Leier sal jy egter vir seker by jou bestemming uitkom. Jy sal selfs in staat wees om ander se bagasie te help dra.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit GOD IS HIER! deur Johann van Zyl © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid