Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 6 VAN 7

Winde van verandering

In Maart 2017 moes ’n bekende internasionale fietswedren in Kaapstad halfpad gestaak word toe winde van sowat 100 km per uur fietsryers van hul fietse afgewaai het. In 1996 is die wêreldrekord vir die sterkste oppervlakwind (sowat 372 km per uur), wat in April 1934 by Mount Washington Observatory in Amerika aangeteken is, deur ’n wind van die tropiese sikloon Olivia tot sowat 408 km per uur verbeter. In Suid-Afrika is die sterkste wind nóg in Mei 1984 by Beaufort-Wes aangeteken.

Wind van verskillende sterktes word op verskeie plekke in die Bybel genoem, waarvan 1 Konings 19:11-12 sekerlik die bekendste is: Terwyl die profeet Elia op die berg Horeb was, het die Here eers met hom gepraat ná ’n geweldige rukwind wat rotse uitmekaar laat spat het, daarna ’n aardbewing, vuur en laastens ’n sagte fluistering (briesie). In Handelinge 2:2 word vertel van ’n geweldige stormwind toe volgelinge van Jesus sewe weke ná sy opstanding met die Heilige Gees vervul is.

God gebruik winde van uiteenlopende sterkte om ons van Hom bewus te maak of na Hom te laat terugkeer: ’n sterk wind wat sommige van hul voete afwaai; een of twee rukwinde om iemand te skud; of ’n sagte briesie om sy teenwoordigheid opnuut te bevestig. Daarom moet ons deur dié winde van verandering aangevuur word om die Here in wind en weer te dien.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid