Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 4 VAN 7

Nuwe drafskoene

Onlangse navorsing het bevestig dat Suid-Afrika nou as die ongesondste nasie ter wêreld beskou word. Oorgewig, gebrek aan gereelde oefening en ook stres is van die faktore wat beoordeel word. Tog nooi ’n uitstekende klimaat ons om minstens gereeld ’n paar kilometer buite te stap – selfs in die winter. Dit is nie eens nodig om ten duurste te betaal om aan ’n gimnasium te behoort nie. Bowendien het die natuur ’n kalmerende uitwerking: Dit ontstres ’n mens.

Gelukkig begin ’n kultuur van oefening in die land posvat, onder meer danksy ’n georganiseerde Parkrun elke Saterdagoggend in verskeie dorpe en stede vir stappers en drawwers. Vyf kilometer en kort daarna is jou tyd elektronies beskikbaar, wat jou heel moontlik aanspoor om ’n verdere twee of drie keer per week jou stap- of drafskoene aan te trek.

God het ons nie geskep om elke dag net passief te sit nie. Dit sluit werk en matige oefening in. Dit het baie voordele – insluitend om jou bloedsomloop gesond aan die gang te hou en die afskeiding van goeie hormone, wat ook jou gees bevoordeel. Dit is dus ’n goeie belegging om ’n paar drafskoene aan te skaf en dit gereeld te gebruik. Moenie tou op gooi soos in die geloofswedloop waarvan in Hebreërs 12 gepraat word nie. Paulus het nie sonder rede dikwels die uithouvermoë van gelowiges met dié van atlete vergelyk nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid