Leesplan inligting

God Is Hier!Voorbeeld

God Is Hier!

DAG 3 VAN 7

Verreikende bemarking

Een van die bene van verreikende bemarking is om nie afslag aan te bied nie, maar eerder ’n waardetoegevoegde prysbeleid te volg. Dit behels dat jy jou produk onweerstaanbaar moet maak vir die koper. Bemarking is ’n onontbeerlike deel van enige sakeonderneming. Hoe beter die bemarkingspoging, hoe makliker verkoop jy jou produk. Veral wanneer die mededingers met ’n verbete poging kom om hul eie produk te bevorder.

Statistiek bevestig dat ander gelowe die laaste dekades wêreldwyd ten koste van die Christelike geloof gevorder het. Ondanks ’n radikale groepering binne die Islam geloof, wat selfs erge terrorisme en lewensverlies van onskuldige mense nie ontsien nie, groei dit steeds. Wat het dan met die bemarking van Christenskap skeefgeloop? Dis ’n wonderlike produk van liefde, hoop, vergifnis, soberheid, eerlikheid, mededeelsaamheid, vrede en die belofte van ’n veel beter lewe wat boonop nie weens die grense van tyd kortgeknip sal word nie. God is so vrygewig dat Hy ’n lewe gratis aanbied waarby die huidige nie naastenby kan kers vashou nie. Danksy Jesus Christus.

Daarom moet ons sorg dat dié ongelooflike produk só verpak en bemark word dat dit nie geweier kan word nie. Dit beteken dat gesonde onderrig noodsaaklik is, dat onwaarhede as verkeerd bewys moet word en die ware woord oorgedra moet word. Dan kan ons die Heilige Gees vra om die oortuigingswerk in harte te doen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Is Hier!

In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree va...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid