Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 7 VAN 7

Hy ken elke detail van jou!

Herders speel van Genesis (4:2) tot Openbaring (7:17) ’n belangrike rol in die Woord. Bekende Bybelfigure soos Abraham, Moses en Dawid het skape opgepas. Ook Jesus gebruik die metafoor van herder wanneer Hy in Johannes 10:2-4, 11 die beskermende hand van God verduidelik. Hy sê:

“Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape.” (10:11) So lief het Hy jóú, dat Hy – al sou jy die enigste mens op aarde wees – vir jou gesterf het. Moet nooit aan sy liefde vir jou twyfel nie.

“Ek ken my skape en hulle herken My … ”(10:14) Jesus ken meer as net jou naam. Hy ken jou ten volle: Die fisieke, intellektuele, sosiale, spirituele en emosionele sy van wie jy is. Hy gee om vir elke deel van jou lewe.

As God jou so goed ken en jou so liefhet dat Hy sy álles vir jou gee, kan jy nog daaraan twyfel dat Hy ook vandag vir jou sal sorg?

VADER, DANKIE DAT U MEER AS NET MY NAAM KEN. DAT U MY HART IN U S’N VASHOU.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid