Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 6 VAN 7

Arms vol geluk!

“The glory of God is a Human being fully alive,” het Irenaeus geskryf. Kom ons dink vandag hieroor en vra:

Leef jy met oorgawe die mens wat jý is?

Voel dit vir jou of daar ’n bruisende krag van liefde in jou is?

Ervaar jy dat jy, ondanks jou omstandighede, werklik diepe vreugde ervaar?

Ek dink min van ons sal elke dag met oortuiging “ja!” hierop antwoord. Daar is eenvoudig net te veel menslike dinge wat op verskillende vlakke ons lewensvreugde kom steel. Psalm 5 sê so duidelik dat ons liefdevolle Vader geluk ruimskoots uitdeel vir dié wat Hom liefhet. Hy bied dus ’n oorvloed vreugde vir ons – ongeag ons omstandighede. Dis óns wat dit miskyk omdat ons vaskyk teen die pyn, ongemak, onsekerheid en/of bekommernis. Ons kyk af en om ons in plaas van boontoe. In plaas van binne-toe. Na die plek waar Hy ís. Altyd!

Ware vreugde is om, ten spyte van wat ook al, die geskenk van sý teenwoordigheid in ons lewe met oop arms te ontvang.

HERE, OP HIERDIE OOMBLIK ONTVANG EK DIE GELUK WAT U GEE MET KINDERLIKE DANKBAARHEID.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid