Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 2 VAN 7

Jy is soveel meer as …

Die film Amadeus vertel die verhaal van Salieri, ’n musikant, wie se siel deur jaloesie versuur is. Hy het gedroom om musiek vir God te maak en daardeur ook beroemd te word. Die probleem was dat hy nie so goed soos Mozart was nie. Mozart, weet ons, was geniaal en kon letterlik ’n simfonie in sy kop komponeer. Iets wat min mense in die geskiedenis kon doen. In plaas daarvan dat Salieri Mozart se uitsonderlike talent erken, was hy woedend teenoor God wat so onregverdig is. Hy het letterlik beleef dat God Mozart liewer het as vir hom.

Hoe tragies is dit as Salieri – en dikwels ook ek en jy – God se liefde meet aan die mate waartoe ons met talente en gawes geseën is. En dat ons waarde gemeet behoort te word aan dit wat ons het en bereik.

Hoor weer vandag: Dit wat jy het, bereik, bymekaarmaak en doen, bepaal nie God se liefde vir jou nie. Hy het jou oneindig lief met en sonder alles in en om jou.

VANDAG HOOR EK U SÊ: “JY ÍS REGTIG MYNE.”

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid