Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 3 VAN 7

Hy buig af na jou toe

Het jy jouself al ingedink hoe jy sou voel as Jesus vandag voor jou oë gekruisig sou word? ’n Mens wil nie eens jou gedagtes daarheen laat gaan nie.

Maar dalk moet ons onsself juis toelaat om meer gereeld voor sy kruis te gaan staan. Om sy pyn en lyding te sien … en dan áán te hou kyk. Te sien hoe Hy met sy uitgestrekte arms afbuig na jou toe en hoe Hy jou met groot deernis en liefde toevou. Hoe Hy jou stukkende hart vertroos, jou trane afdroog en aan jou die versekering gee dat Hy jou nooit los nie. Want dis presies wat sy kruisdood beteken. Dat Hy afgedaal het en in ons plek gesterf het sodat ons sy by-ons-wees elke dag kan ervaar.

Dink daaraan as jy weer ’n kruis sien. Sien dat die kruis leeg is omdat Hy nie meer daar is nie, maar by jou is en jou met teerheid in sy arms toevou.

SAGTE-HART-HEER, EK VOEL U ARMS OM MY EN WEET: U SAL MY NOOIT LOS NIE.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid