Leesplan inligting

Die Grootste LiefdeVoorbeeld

Die Grootste Liefde

DAG 5 VAN 7

Sonder enige iets is jy …

Jy is oneindig kosbaar. God wil in sy grenslose liefde net die beste vir jou hê. Tog kan dit gebeur dat ons vierkantig in die plek van God se goedheid en plan vir ons lewe staan.

Voordat Jesus met sy roeping begin, spandeer Hy 40 dae in afsondering in die woestyn en toe Hy op sy weerloosste is, is die Satan gereed om Hom te versoek met dié tipe dinge wat so dikwels ook óns kniehalter. Hy sê:

Jy is wat jy doen. “As jy die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.” (Matt. 4:3)

Jy is wat ander van jou dink. “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af.”(Matt. 4:6)

Jy is wat jy het. “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.” (Matt. 4:9)

Weet vandag: Jy is nié wat jy doen nie, ook nie wat ander van jou dink nie en veral nie wat jy het nie. Jy is God se geliefde kind sonder al daardie dinge.

DANKIE DAT U MY LIEFHET SONDER ENIGE DOEN, ENIGE MOET-WEES EN ENIGE WAT-EK-HET.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Grootste Liefde

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde. Jy kan elke dag sonder twyfel weet dat die grootste liefde van Hom af kom. Hy gee om vir jou en Hy verklaar dat jy Syne ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid