Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 10 VAN 10

Jy sal vertroos word


Wat wil ’n kind die graagste hê wanneer sy seergekry het of bang is? Sy wil op die skoot klim van ’n volwassene wat sy vertrou en styf vasgehou word terwyl hulle vir haar sê dat alles reg sal wees. Sy wil hê haar seerplek moet beter gesoen word terwyl iemand haar gerusstel dat die seer sal weggaan. Sy soek afleiding sodat die slegte droom vergeet kan word en sy weet sy sal beskerm word. Vertroos word.


Almal soek vertroosting wanneer die storms van die lewe om ons woed en dit nie lyk of ons ’n vaste fondament het nie. Jy word vertroosting en vrede belowe. Vertroosting wat vertrou kan word, want dit kom van Jesus self af. Niemand het jou liewer as Hy nie. Niemand kan die groter prentjie beter sien as Hy nie. Niemand het ’n beter plan vir jou as Hy nie. Lees sy Woord en vind vertroosting daarin. Vind vertroosting in die vrede wat Hy in jou hart bewerkstellig. Vertrou Hom. Hy het jou so lief!





Jy hoef nie alleen in jou hartseer te wees nie. Jy sal vertroosting smaak. Vreugde is ’n opsie. Dit is alles vir jou moontlik gemaak deur jou Verlosser. Hy het sonder vertroosting gegaan sodat jy dit kan kry. Hy het vreugde uitgestel sodat jy daarin kan deel. Hy het vrywillig gekies om eensaamheid te smaak sodat jy nooit in jou seer alleen sal wees nie. (Joni Eareckson Tada)





Hierdie oordenkings is saamgestel uit GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE deur Carolyn Larsen © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid