Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 5 VAN 10

Jy is opsy gesit vir God


Om heilig te wees, beteken jy is eenkant gesit. Jy is anders as die res. Jy is gekies vir iets unieks. Dit is baie spesiaal dat God jou geroep het om heilig te leef, maar wat beteken dit nou eintlik?


Dalk ken jy die uitdrukking: “Jy is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.” Dit beteken jy leef en werk saam met mense wat nie vir Jesus ken nie en nie probeer om vir Hom te leef nie. Jy is deel van dieselfde wêreld waarin hulle leef, maar jy is anders omdat God se Heilige Gees in jou leef en jou motiveer om Hom te gehoorsaam, in geloof toe te neem en Hom te dien. Jy kan eenvoudig nie deel van die skares wees nie, want God het jou geroep om uit te staan. Jy het ’n spesiale werk om vir Hom te doen. Wat ’n eer!




Jy kan slegs geestelik heel wees as jy jou hart, gedagtes en siel volkome oorgegee het aan God. (R.J. Stewart)

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid