Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 4 VAN 10

Jy is uitgekies


Onthou jy die sportperiodes op skool waar die onderwyser kapteine gekies het en hulle dan beurte gemaak het om hul spanne te kies? As jy nie besonder atleties was nie, was jy dalk een van die laastes om gekies te word. Dit was nie ’n lekker gevoel nie. Om gekies te word, laat jou goed voel, belangrik … spesiaal.


Hier is ’n wonderlike verhaal oor uitgekies te wees – God het jou gekies om deel van sy eie gesin te wees. Jy het niks gedoen om te verdien om gekies te word nie. Jy het nie enige spesiale vaardighede of opleiding nodig om gekies te word nie. God kies jou bloot omdat Hy jou liefhet. Hy het ’n plan vir jou lewe en die teenwoordigheid van sy Heilige Gees sal jou leer en lei soos jou geloof in Hom dieper groei.


Hoe geseënd is jy dat jy gekies is! Jy behoort aan God en dit maak alles beter!





Ons bestaan nie terloops nie – ons is deur God gekies om te lééf. (Moeder Angelica)

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid