Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 6 VAN 10

Jy kan volkome vertrou


Jy is gehoorsaam aan God, want jy glo Hy het jou lief en het ’n beter plan vir jou lewe as wat jy self ooit kan uitdink. Liefde en vertroue gaan hand aan hand. Kan jy iemand vertrou wat jy nie liefhet nie? Kan jy lief wees vir iemand wat jy nie vertrou nie? Nee, liefde en vertroue moet saamgaan. Toe jy Jesus pas ontmoet het, het jy Hom op ’n baie basiese vlak liefgehad en vertrou. Hoe dieper jou verhouding met Hom geword het, hoe meer het jou liefde en vertroue gegroei.


Die kernwoord van die vers is “volle”. Jy moet met volle vertroue na God toe gaan. Dit beteken geen huiwering, geen twyfel, geen “ek sal dit self hanteer”-planne nie. Vertrou Hom met absoluut alles, want jy weet sy hulp is altyd daar vir jou. Jy vertrou omdat jy weet Hy het jou lief. Hy sorg vir jou omdat Hy jou liefhet.





Moet nooit bang wees om ’n onbekende toekoms aan ’n bekende God toe te vertrou nie. (Corrie ten Boom)

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid