Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 9 VAN 10

Jy behoort aan die Gees


Ná sy opstanding het Jesus teruggegaan hemel toe, maar voordat Hy weg is, het Hy belowe om die Heilige Gees na sy volgelinge toe te stuur. Die Gees leef in jou hart en deur Hom is God elke oomblik by jou teenwoordig. Die Gees is jou Helper wat jou lei om wyse besluite te neem. Hy vul jou met die vrugte van wat dit beteken om vir Jesus te leef – liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hy daag jou uit om gehoorsaam te wees aan God se gebooie.


Wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan en eenvoudig nie die woorde het om te bid nie, bid die Gees namens jou. Hy beskerm en waarborg jou verlossing. Die Gees gee ook vir jou wat jy nodig het om die werk te doen wat God vir jou gegee het. Hy help jou om God te verstaan. Die Gees is lewend binne jou en help jou groei en leer hoe om God te dien.




’n Geesvervulde lewe is nie ’n spesiale praguitgawe van Christenskap nie. Dit is ’n integrale deel van die totale plan van God vir sy mense. (A.W. Tozer)

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid