Leesplan inligting

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

DAG 1 VAN 10

Jy is skoon en onskuldig


Wanneer ink of granaatsap gemors het, verskyn daar vinnig ’n vlek. ’n Vlek wat amper onmoontlik is om uit te kry. Selfs ná jy dit probeer skoonmaak het, bly daar nog ’n ligte vlek agter.


As dit nie was vir wat Jesus gedoen het nie sou jou hart permanent deur jou sonde bevlek gewees het. As Jesus nie vir jou gesterf het nie, kan jy om verskoning vra tot jy blou in die gesig is, dit sal nie help nie. Jou sonde dring aan op ’n prys … ’n offer van bloed. En dit is presies wat Jesus vir jou gegee het. Hy het vir jou sonde gesterf, die prys daarvoor betaal en dit só moontlik gemaak vir jou om ’n persoonlike verhouding met God te hê.


As gevolg van Jesus se offer staan jy skoon en rein voor God. Jou sonde is vergewe. Jou hart is vlekloos. Wie is jy in Christus? Jy is sy geliefde, skoon, rein en onskuldige kind – as gevolg van Jesus, wat jou oneindig liefhet, se offer.





Hy het gekom om ons van ons sondige geaardheid te verlos en in ons ’n rein hart te skep, en wanneer Hy by ons is, sal dit nie vir ons moeilik wees nie. Dan is dit ’n vreugde om Christus te dien. (Dwight L. Moody)

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid