Leesplan inligting

BibleProject | Advent OordenkingsVoorbeeld

BibleProject | Advent Oordenkings

DAG 13 VAN 28

Die apostel Paulus sê dat Jesus self ons vrede is. Jesus het al die goed verwyder wat die mensdom van mekaar en van God geskei het, en bied nou Sy vrede as 'n geskenk aan ander. Jesus se volgelinge word geroep om hierdie geskenk van vrede, wat nederigheid, sagmoedigheid, geduld en liefde vereis te ontvang, te behou en te ontwikkel.  


Lees:                                                                               


Efesiërs 2:11-15, Efesiërs 4:1-3, Efesiërs 4:29-32 


Reflekteer:


Volgens hierdie gedeelte, hoe het Jesus vrede gemaak tussen twee sterk verdeelde mensegroepe (Jode en Heidene), en hoekom het Hy dit gedoen (sien vers 2:16)? Voel jy vervreemd van enigiemand in jou lewe? Wil jy weer vrede met hierdie persoon geniet? Hoekom of hoekom nie? Dink aan wat Jesus gedoen het om vrede te maak. Watter vrae en emosies kom na vore wanneer jy hieroor nadink? Dink mooi oor Efesiërs 4:1-3. Hoe dink jy help nederigheid, sagmoedigheid, geduld en liefde om die eenheid wat Jesus vir sy volgelinge gemaak het te onderhou? Wat gebeur wanneer een van hierdie eienskappe vermis word? Jy kan nie keuses vir ander maak nie, maar wat is een praktiese besluit wat jy vandag kan neem om vrede te kweek? Dink mooi oor Efesiërs 4:29-32. Hoe het Jesus jou vergewe? Wie het jou vergifnis nodig?

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

Ons wil BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie Plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid