BibleProject | Advent OordenkingsVoorbeeld

Die apostel Paulus skryf sy brief aan die Filippense vanuit die tronk. Hy ken swaarkry, maar hy ken ook die vrede van God. Dit is omdat Bybelse vrede, soos hoop, gebaseer is op 'n persoon en nie op omstandighede nie. Paulus roep volgelinge om hulle te alle tye in God te verbly, om te bid, om dankie te sê, en om aan wat goed en waar is te dink. Paulus wys hoe hierdie gewoontes kan lei tot die ervaring van die vrede van God, selfs te midde van groot swaarkry.
Lees:
Filippense 4:1-9
Reflekteer:
Maak 'n lys van al die instruksies wat Paulus in Filippense 4:1-9 gee (d.w.s. "staan vas in die Here," "leef in harmonie" ens.) Kyk na jou lys en dink oor hoe jy elkeen 'n gewoonte kan maak. Hoe sou daardie gewoontes prakties in jou daaglikse lewe lyk? Hoe dink jy kan daardie gewoontes uiteindelik tot 'n ondervinding van God se vrede lei? Hersien verse 7 en 9. Wat merk jy op? Wat vertel hierdie verse ons van die beskermende aard van God se vrede? Spreek sommer nou jou dankbaarheid uit vir sy beskerming.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
More
Ons wil BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie Plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com
Verwante Leesplanne

Van die Begin tot in Ewigheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Die sin van die lewe

Die krag van ’n biddende vrou

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Die Krag van die Woord en die Koning se Gesag

Tye van groei
