Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 5 VAN 7

“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles” (1 Korintiërs 13:4-7).



Die apostel Paulus het deur die Heilige Gees aan mans opdrag gegee hoe hulle hul vrouens moet behandel. Mans moet hulle vrouens liefhê soos Jesus die kerk liefgehad het en sy lewe daarvoor afgelê het. Mans moet hulle vroue liefhê soos hulleself. Jesus het sy lewe opgeoffer vir alle mense. Ter wille van ons het Hy die ergste mishandeling denkbaar ervaar. Jesus is lief vir ons ten spyte van ons sondige keuses en weë. Jesus se liefde vir ons is onbeperk en onvoorwaardelik. Dit is nie gegrond op wie ons is, wat ons doen of wat ons besit nie. Dit is nie eers gegrond op hoe lief ons Hom het nie.



Dit is hoe God wil hê jou man vir jou lief moet wees. As daar egter struikelblokke in sy pad is wat sy vermoë belemmer om jou op die manier lief te hê, gaan dit nie gebeur nie. Jou man se vermoë om ander lief te hê, en dit sluit jou ook in, is afhanklik van sy vermoë om God lief te hê. Indien sy liefde vir jou van verbygaande aard is, vrugteloos is of dit gaan nie oor in dade nie, bestaan daar in hom nie ‘n liefde vir God nie. Indien jy bewus is hiervan gaan jou gebede direk tot hom spreek. Dit gaan hom leer om vir God lief te wees en ook homself. In die proses gaan hy dan ook leer om jou op die regte manier lief te hê. Jy wil hê jou man moet die liefde van God ken en dit ontvang sodat hy jou kan liefhê op die manier wat God ons liefhet.  



Gebed vir jou man se liefde karaktertrekke:



Vader, ek kom na U toe omdat ek u oorvloedige liefde in my huwelik nodig het. Daar is uitdagings en struikelblokke in my huwelik wat u blywende liefde in my huwelik versper. Ek weet dat my man se vermoë om my lief te hê gegrond is op sy vermoë om U en homself lief te hê. Ek bid dat sy hart vrygemaak sal word om lief te hê op maniere soos hy nog nooit tevore liefgehad het nie. Ek bid dat U sy hart van klip sal verander in ‘n hart van vlees sodat hy makliker lief kan wees vir my. Ek bid dat die soort liefde van 1 Korintiërs 13 oor my en my man sal kom sodat u Naam verheerlik kan word deur ons huwelik. In die Naam van Jesus. Amen.






Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid