Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 1 VAN 7

"Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was" (Filippense 2:5).  Die apostel Paulus het die kerk van Filippi aangespoor om die ingesteldheid van Christus aan te neem.  Die denke van Christus behoort aan een wat God en ander dien.  Iemand met hierdie ingesteldheid ag die welstand van ander hoër as sy/haar eie welstand.  Iemand met die ingesteldheid van Christus glo ook in opoffering.  Hulle is bereid om hulle eie agenda, begeertes en selfs doelwitte eenkant toe te skuif vir die voordeel van ander. En laastens, iemand met die ingesteldheid van Jesus is onbaatsugtig. Hulle verloën hulself vir die welsyn van ander. Dit is presiese eienskappe wat mans moet besit. 



Jy kon dalk gebid het vir jou man om gered te word of selfs vir beterskap in jou huwelik. Maar het jy al daaraan gedink om vir jou man se ingesteldheid en houding te bid?  Elke aksie en handeling van hom is 'n uitvloeisel van sy ingesteldheid. Die manier waarop hy inligting verstaan en verwerk, word bepaal deur die manier waarop hy dink. Miskien het hy 'n verwronge ingesteldheid ten opsigte van die kerk of selfs God. Daardie ingesteldheid het hom van God af weggetrek eerder as nader aan God gebring.



Miskien het hy die ingesteldheid van sy ouers of voogde aangeneem, en sy aksies en houding word deur daardie ingesteldheid bepaal.  



Miskien sukkel jou man met 'n geestesversteuring wat bydra tot of selfs beheer het oor die manier waarop hy dink. Hy is nie daartoe in staat om sy gedagtes en houding te beheer nie en nog minder sy huwelik. Hy kan homself in ‘n situasie bevind waar hy in negatiewe en irrasionele denkpatrone verdrink. Daardie denkpatrone verdraai die manier hoe hy oor homself en ander, insluitende jouself, dink.



Eerste dinge eerste! Jy moet bid vir sy denke en verstand! In jou gebed moet jy God vra om sy denke te vernuwe. Wanneer sy denke vernuwe is sal sy lewe verander.  Bid die gebed van geloof dat jou man se ingesteldheid en denkpatrone vervang sal word met die denke en ingesteldheid van Jesus Christus. Bid dat sy denke genees sal word van siektes en afwykings wat sy gedagtes probeer oorheers.



Gebed vir jou man se denke:



Ons Vader, ek bid in Jesus se naam vir my man se denke. U Woord sê dat die gesindheid wat in U is ook in ons moet wees. My man se denke word beïnvloed deur sy verlede op een of ander manier. Dit belemmer sy vermoë om U lief te hê en te dien en om my lief te hê soos u Woord beveel. Ek bid dat elke irrasionele en verwronge denkpatroon van sy verstand afgebreek word. Ek bid elke seer en pyn wat hy ervaar het, hetsy deur ander of deur sy eie toedoen, dat hy sal kan vergewe en in homself herstel word. Vir elke ongelukkige ervaring wat my man verduur het, bid ek dat die gevolge van daardie ervarings nie meer sy gedagtes, emosies of wil oorheers nie. Ek bid dat sy denke volkome genees en herstel word. Ek bid dat sy verstand en denke vernuwe sal word deur die bloed van Jesus sodat hy vry kan wees om U te dien en ander lief te hê. In die Naam van Jesus. Amen.






Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid