Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 2 VAN 7

“Die Here sorg vir die [beginselvaste] regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af. As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses”(Psalm 34:16-19 AFR83).



Die ongelukkige waarheid is dat die meeste mense ten minste een traumatiese gebeurtenis in 'n leeftyd ervaar. Baie ander het dieper, meer komplekse trauma beleef. Dit is die geval wanneer jy regdeur jou kinderjare blootgestel word aan veelvuldige traumatiese gebeure. Beide geïsoleerde, asook as komplekse traumatiese ervarings, kan 'n groot impak op iemand se lewe hê. Dit kan die oorsaak wees van 'n langtermyn invloed in 'n volwasse lewe en ook in romantiese verhoudings. Hierdie ervarings in die kinderjare word as nadelig beskou, en dit kan tot gesondheid- en kommerwekkende gedragskwessies lei.



Dikwels wanneer jy vir jou man bid, is dit van waarde om te weet waarvoor jy moet bid en ook waarteen jy moet bid.  Dit is belangrik om bewus te wees van hierdie onderskeid sodat jou gebede akkuraat en doeltreffend kan wees.  Jy sal moet weet of die probleme wat jou man in die gesig staar, uit sy kinderjare of volwasse lewe afkomstig is.  Jy moet weet of die aard van die kwessie geestelik, natuurlik of albei is.  Jy moet weet watter teksgedeeltes van toepassing is en of jy nodig het om te vas en bid of slegs te bid (Matteus 17:21). Jy moet weet en verstaan hoe om die gebed van geloof met gesag en krag te bid.  Matteus 17:20-21 lig ons in dat ons net die geloof van 'n mosterdsaadjie hoef te besit om berge in ons lewens en huwelike te versit.  Dit mag vir jou onmoontlik wees, maar niks is vir God onmoontlik nie. 



Gebed vir jou man om van vorige trauma genees te word: 



Vader, in die Naam van Jesus, bid ek die gebed van geloof oor die trauma wat my man in die verlede beleef het.  Wat hy ondervind het in sy kinderjare of volwasse lewe was ongelukkig en onregverdig. Ek weet egter dat alles ten goede meewerk, want ons het U lief en is geroep volgens u doel vir ons lewens.  Here, ek weet dat my man my wil liefhê soos Jesus die kerk liefgehad en Homself vir haar gegee het, maar hy veg teen 'n mag wat groter as hy is.  Ek bid dat U elke seer wat hy het en elke wond wat hy sy lewe lank ronddra, sal genees.  Here, wys hom dat U Jehova Tsidkenu is, die Here van ons Geregtigheid.  U het belowe: "Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie" (Josua 1:5).  Selfs as diegene wat veronderstel was om hom lief te hê en vir hom te sorg, hom verworpe, ongeliefd en ongewens laat voel het, het U hom nooit verlaat nie.  Vader, ek bid dat hy u oorvloedige liefde sal ervaar, van sy verlede wat genees word en dat hy verhef word tot die man wat U hom van geboorte af gekies het om te wees.  U het gesê: "Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel" (Jeremia 1:5). In die Naam van Jesus. Amen.



 






Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid