Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 3 VAN 7

“Alles is geoorloof [toelaatbaar — en ons kan enigiets doen wat ons wil]. Ja, maar nie alles is heilsaam nie (doeltreffend, winsgewend en heilsaam). Alles is geoorloof, sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie [vir karakter en geestelike lewe]” 1 Korintiërs 10:23.



Jy kan jouself dikwels op 'n plek in jou huwelik bevind waar jy frustrasie beleef.  Jy het dalk al dikwels vir jouself gesê ek het nie getrou vir hierdie nie.  Dit kan enigiets in jou huwelik wees wat 'n wig tussen jou en jou man indryf.  Dit is die optrede(s), houding en gedrag wat bydra tot uitgerekte konflik in jou huwelik. Dit het 'n invloed op jou en jou man se vermoë om julle huweliksband sterker te maak.  Dit is die negatiewe gedagtes en gevoelens wat jy het oor jou man as gevolg van ongewenste gedrag wat hy teenoor jou getoon het.



Elke persoon op die planeet het sekere verwagtinge. Of daardie verwagtinge vir jouself, jou kinders, jou man, jou huwelik of ander verhoudings is; jy het verwagtinge.  Te dikwels is hierdie verwagtinge onuitgesproke, onredelik of selfs onrealisties.  Dit is goed om verwagtinge te hê, maar dit is nie goed om te glo dat jou verwagtinge alleen genoeg is om iemand se gedrag of voornemens teenoor jou te bepaal nie.  



Ek glo dat elke vrou wil voel haar man is lief vir haar en dat hy haar waardeer. Mense kan verskillend hieroor dink maar dit maak dit nie minder waar nie.  As jou man se gedrag teenoor jou minder as gunstig en vriendelik was, probeer om die kern daarvan te bepaal.  As hy beïnvloed word deur negatiwiteit en onproduktiewe gedagtes oor jou of julle huwelik, gaan sy gedrag daardeur bepaal word.  As daar veranderlikes en eksterne faktore is wat sy optrede teenoor jou beïnvloed, moet jy weet wat dit is sodat jy die probleem kan aanspreek deur gebed en op die simptome daarvan kan fokus.



Gebed vir jou Man se Emosies:



Here, ek kom na U toe omdat ek afgemat en hopeloos voel in my huwelik.  Ek is lief vir my man en ek koester ons huwelik en ek het alles gedoen wat ek kan.  Ek onderwerp my wil nederig aan u wil en vra U om beheer te neem.  Ek glo my man is lief vir my en dat hy verlief is op my.  Ek glo dat hy ook hierdie huwelik wil hê maar ek weet ook dat hy my partykeer laat voel dit is nie in u wil nie. Here, as daar enigiets in my is wat bydra tot die chaos en ontevredenheid in ons huwelik, vra ek dat U dit sal ontbloot en van my sal wegvat – so ver as die ooste van die weste is.  Ek bid vir my man se emosies en dat sy optrede teenoor my nie beïnvloed sal word deur emosies nie maar dat dit deur u Gees gelei sal word.  Ek bid dat hy van die weë van hierdie wêreld af sal afdraai en na U sal draai deur homself te verloën sodat hy u wil vir sy lewe en huwelik volkome kan aanvaar.  In die Naam van Jesus. Amen.






Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid