Leesplan inligting

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde MansVoorbeeld

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

DAG 7 VAN 7

“Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien” (Josua 24:15)



As jy soos die meeste — indien nie alle — Christenvroue is, het jy 'n begeerte dat jou man die Here dien.  Daar is gevalle waar paartjies getrou het en beide van hulle ongered is. Dan gee een van hulle sy/haar lewe vir die Here terwyl die ander een voortgaan om in die wêreld te leef. Of beide ken die Here en een van hulle draai weg van Hom af.  In hierdie scenario is dit die man wat nie die Here ken nie of hy het weggedraai en die vrou moet die geestelike leiding in haar huisgesin oorneem.  Al is dit nie wat God oorspronklik vir die gesin beplan het nie beteken dit nie dat jy boedel moet oorgee nie.  Dit beteken nie dat jy toelaat dat jou frustrasie en moegheid die oorsaak is dat jy jou rug op jou man of huwelik draai nie.  Jy, wat die geheiligde vrou is, kan jou man heilig deur die Woord van God en deur jou optrede.  



Jou geestelike invloed op jou huis het meer krag as wat jy besef.  Dit is noodsaaklik dat jou geestelike leiding stabiel bly en dat jy die liefde van God teenoor jou huweliksmaat uitbeeld in alles wat jy doen  Die geeste en vestings waarmee hy stoei, sal jou elke tree van die pad probeer teëstaan. Jy moet egter standvastig, onbeweeglik en altyd oorvloedig wees in die werk van die Here, met die wete dat jou arbeid van liefde, vrede, genade, vergifnis en dissipelskap nie tevergeefs is nie. Wees lief vir God met jou hele hart, siel en verstand en wees lief vir jou naaste (jou man) soos jouself.  



Onthou die tyd en genade wat God keer op keer aan jou geskenk het totdat jy gekom het waar jy nou is.  Jy kan veel meer skade aan die koninkryk van duisternis in jou binnekamer aanrig as wat jy ooit in 'n hofsaal kan doen (as daar sprake van 'n egskeiding is). Jou man is dalk nog op 'n plek waar hy nie die Here dien nie, maar wees bemoedig dat jou hele huishouding God sal dien. Jy hoef hom nie te dwing of minagtend teenoor hom te wees nie. Betoon eenvoudig God se liefde aan hom en pas Bybelse beginsels toe en God sal die res doen.



Gebed vir jou man se begeerte om die Here te dien:



Ons Vader, in die Naam van Jesus, my man is geskape om U te dien en ek weier om die leuens van die vyand te glo wat my wil wysmaak dat dit nie so is nie.  Ek bid dat u arbeiders namens hom sal uitstuur om tot sy redding te kom.  Ek sê of doen dalk nie altyd alles reg nie en ek erken dat ek soms meer deur my emosies as my gees gedryf word. U ken egter my hart.  Al wys my optrede dalk anders, my bedoelings is goed. My hartsbegeerte vir my man is dat hy deur u voorbeeld sal lei en liefhê.  Help my asseblief dat die vrug van u gees in my lewe sal manifesteer sodat my gees nie deur my vleeslike liggaam beïnvloed word nie. Here, ek dank U dat my man honger sal wees en dors word na geregtigheid en hy versadig sal word daarvan.  Hy sal nie meer die dinge van hierdie wêreld begeer nie. In der waarheid sal hy belangstelling en smaak verloor vir die wêreld se plesier en begeertes.  Hy is 'n nuwe skepping en die ou dinge word van hom weggeneem. Ou ingesteldhede, ou emosies, ou vriende, ou gedragspatrone — alles oud moet gaan en nooit terugkom nie. Ek dank U by voorbaat vir wat U gaan doen. Ek staan met groot verwagting dat my man se redding veilig is en sy lewe U sal verheerlik in alles wat hy doen.  In die Naam van Jesus. Amen.



Indien dit vir jou 'n uitdaging is om 'n konstante en aktiewe gebedslewe vir jou man en huwelik te ontwikkel, wil ek jou aanmoedig om by die "Wives Who Win" gemeenskap aan te sluit vir bykomende hulpmiddels en -bronne wat jou kan help om effektiewe gebede te bid wat beantwoord word!


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Seven Effective Prayers for Unsaved Husbands

God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken ...

More

Ons bedank graag "Wives Who Win Co" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid