Leesplan inligting

VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 11 VAN 43




Die Doel van Bybelse Vriendskappe 


Lees: Johannes 17:20-24


SOAP: Johannes 17:22-23


Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.




Oordenking


Die wêreld het baie ervaring van ongesonde verhoudinge. Die ongelowiges rondom ons is gewoond aan vriendskappe wat bestaan uit ‘n geskinder en kliekerigheid, vriende wat mekaar net help as hulle iets terug verwag, en vriendskappe vol rusie en onenigheid. ‘n Deel van ons getuienis aan die wêreld wat ons dophou, is om vir hulle iets anders te wys. Wanneer ons vriendskappe gekenmerk word deur opofferende liefde, wys dit God se opofferende liefde vir die wêreld.


Die Vader het die Seun die wêreld in gestuur om opregte liefde te betoon, en Hy stuur ons ook met dieselfde opdrag. As ons verhoudinge kweek wat deur eerlikheid, genade en diensbaarheid gekenmerk word, kan ons dalk net mense, wat uitgehonger is vir so ‘n verhouding, se aandag trek. Sulke verhoudinge is skaars en ons het die geleentheid om dit nie net vir ander te modelleer nie, maar om sulke vriendskappe vir hulle aan te bied. As ons gefrustreerd voel omdat ons pogings om mense te evangeliseer misluk, moet ons dalk terugtree en onsself afvra hoe ons ‘n goeie vriend of vriendin vir ander kan wees. Ons liefde vir mekaar — en ons insluiting van buitestanders — kan dalk vir ons geleenthede ontsluit om mense na die Een wat ons gestuur het, te wys.


Gebed


God, stuur mense in my lewe met wie ek u liefde kan deel! Maak my vriendskappe hegter, sodat ek vir mense u liefde vir die wêreld kan wys. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeen...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid