Leesplan inligting

VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 13 VAN 43




Dra Mekaar se Laste


Lees: Galasiërs 6:1-10


SOAP: Galasiërs 6:2


Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.




Oordenking


Ons verhouding met God is nie privaat nie. Soms is ons geneig om te dink dit is: "ek en Jesus teen die wêreld," asof die enigste ding wat regtig saak maak, ons persoonlike verhouding met Christus is. Daardie verhouding is ongelooflik belangrik, maar soos Paulus in Galasiërs 6:2 uitwys, het hierdie persoonlike verhouding sekere vereistes: om die wet van Christus te vervul. Jesus het sy jare van aardse bediening deurgebring om mense oor Homself en sy Vader te leer, maar Hy het ook baie tyd daaraan bestee om mense te leer hoe om mekaar te behandel en hoe om hulle lewens te leef. Hy het met etiese opdragte gekom, insluitend die een in hierdie vers: dra mekaar se laste!


Ons verhouding met God moet uitvloei in die manier waarop ons ander behandel, veral ander in die familie van God. Ons almal het laste om te dra, of dit nou lyding, verlies, teleurstelling, frustrasie of vrees is. Miskien is ons grootste geskenk aan mekaar ons gewilligheid om die lading te help dra. Wanneer ons in die versoeking kom om wanhopig te word, is dit die troos van ons vriende wat ons kan help om geloof te hê. Wanneer ons hierdie opdrag volg om mekaar se laste te dra, wys ons dat ons glo wat Jesus gesê het en wat Hy gedoen het: om die las van sonde namens ons te dra.




Gebed


Here, dankie dat U my grootste las vir my gedra het! Wys my hoe ek die mense in my lewe wat ly, kan dien en troos. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeen...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid