Leesplan inligting

VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 1 VAN 43




Welkom by ons Vriendskap Bybelstudie. 


Vriendskap is 'n uitstekende voorsiening wat God vir ons gegee het. Op ons reis deur die lewe het ons Bybelse vriendskappe nodig om ons te help om te groei in ons wandel met God, standvastig te bly in beproewings en om die planne van die vyand te bestry. 


Alhoewel ons vriendskappe nooit perfek sal wees nie, kan ons aanhou om mekaar op te bou en om gereeld vergifnis te vra en te bied. Ons vriendskappe kan 'n pragtige getuienis wees van die Goeie Nuus van die evangelie van Jesus Christus.


Baie dankie dat julle by ons aansluit vir hierdie studie!





S.O.A.P.


Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP-metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.




Wat beteken S.O.A.P.?


S – Die S staan vir Scripture – jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!




O – Die O staan vir Observation – wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?




A – Die A staan vir Application – Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?




P – Die P staan vir Prayer. Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.





Inleiding:


Op die vooraand van sy kruisiging het Jesus tyd geneem om vir alle gelowiges te bid. Hy het gebid dat diegene wat hulle geloof in Hom gestel het, in Hom sou bly. Die liefde wat gelowiges vir mekaar het, toon die liefde wat die Vader vir die Seun en vir die wêreld het.


God se liefde vir die wêreld is die rede waarom Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om 'n offer vir ons sonde te wees. Jesus het God se liefde aan die wêreld getoon toe Hy sy lewe gegee het om sondaars te red. Johannes 15:13 sê: "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê." Jesus se offer was die uiterste voorbeeld van liefdevolle vriendskap. Hy het ons so liefgehad dat Hy gesterf het sodat ons vir ewig by Hom kan bly.


Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.


Ons moet op die uitkyk wees vir die listige planne van die vyand, wat altyd daarop uit is om ons vriendskappe te vernietig en onenigheid en verdeeldheid binne die liggaam van Christus te skep. In hierdie ses weke lange studie gaan ons kyk hoe dit lyk om godvresende vriendskappe te hê en hoe ons ongesonde en gevaarlike vriendskappe kan uitken.


Jesus het gekom om sondaars, insluitend ons, te bevriend en te bedien. 




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeen...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid